Black Orchid Café

Food and product phootgrapher in Centurion. This past weekend I had the absolute privilege of spending time with artist, owner, designer & hostess Nelri Botha and the super-talented chef/foodie/fabulous creator and co-owner Nicolle Venter from Black Orchid Cafe, a beautiful venue in Potchefstroom -https://www.facebook.com/blackorchidcafe/

I cannot remember when last I have been treated so kindly, with so much good food and laughter mixed together with my work! As some of you know, I really love taking food and flower pictures, so this was a treat for me and I took advantage of all the beautiful creations in front of my eyes. I FEASTED! Thank you so very much for every delicious crumb. Your passion and love for what you do, will bring you far and I recommend this place to anyone!!

Food Photographer based in Centurion.

 Van die outydse tuisgebakte haas-koekies wat jou oorweldig met die geur van kaneel en Ouma-se-kombuis… tot die drie-verdieping wortelkoek wat ontplof in jou mond, die smaak van wortel en pynappel gemeng met allerlei geure… pragtig en eenvoudig versier met takkies uit die tuin. ‘n Souttert kan maar, wat my aan betref, uit die woordeboek gehaal word want Nicolle het iets gemaak wat sy plek geheel en al oorneem.

‘n Skepping van murgpampoentjies, met ‘n tikkie basil pesto in die vorm van ‘n klein kaaskoekie…tesame met ‘n klein slaaitjie verpak in ‘n POTJIE van alle dinge, soveel aandag aan die klein dingetjies!! Dis die klein dingetjies wat saak maak 🙂 Sondagoggend is ek bederf met ‘n ontbyt uit die boonste rakke. Ek moet byvoeg dat al hierdie vir my gedoen is sonder dat ek een sent daarvoor betaal het… Julle het my so spesiaal laat voel. Ek gaan dit vir nog baie lank onthou, baie baie dankie julle twee!! Mag die HERE julle besigheid seën en AL daardie drome waaroor ons gesels het, waar maak!!

This entry was posted in Food and tagged , , , , , , .

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*