Site Overlay

Francois, Mariska & Eduan

Familietyd is kosbaar.  Elke keer wanneer ‘n nuwe gesin voor my lens kom staan, besef ek net hoe geseënd ons is om boeties en sussies en mamma’s en pappa’s te kan hê.  So ook in die geval van Francois en Mariska met klein Eduan.  Ek het my verkyk aan die mooie seuntjie met sy groot wakker ogies…hy gaan eendag die meisies se knieë lam maak, dis verseker!  Op hierdie stadium lyk dit vir my asof hy sy Mamma se knieë lam maak want sy moes ‘n paar keer gedurende ons fotosessie hom “vang” as hy vir ons weghol.  Dis ongelooflik hoeveel energie kinders het en ‘n vreugde om te sien!

familie liefde gesin

Dis vir my wonderlik as ek ‘n familiesessie het en die mamma’s doen moeite met hul voorkoms.  Mariska het so lieflik gelyk – sy het haar hare laat doen in sagte krulle, my sussie Maureen Grobler het haar grimering gedoen en sy het ‘n mooi blou vloeiende lang hempie-rokkie gekies vir die tweede helfte van ons sessie.  Materiaal en tekstuur is so belangrik tydens foto’s, ek is mal oor wol, chiffon, vere, satyn….laat my dink aan die dae toe ek en sussa Barbie gespeel het!

Kyk net hoe pragtig…

brunette mamma mooi

 

kleur mamma brunette

Ons het die fotosessie gedoen by River Meadow Manor – ‘n pragtige venue in Irene.  Wie het gesê wintershoots is vervelig?!  Ek is mal daaroor.  Dis asof die kleure sommer beter uitstaan.  Francois met sy blou trou het net so mooi gelyk – dankie vir julle moeite!  Dit help my om mooi foto’s te neem!!  Kyk net die cool “dude” hieronder 🙂

familie van drie

Klein mensies het soveel verskillende emosies.  Die een oomblik lag hulle van oor tot oor, dan is dit dalk trane, dan weer ‘n ernstige oomblik.  Hier is een van my gunstelinge van die hele fotosessie, ek was nog altyd mal oor swart-en-wit foto’s met diep emosie…

seun swart wit

En nog so ene –

mamma seuntjie liefde

Mens kan die liefde tussen hulle aanvoel.  Dis SO mooi vir my!  Dankie dat julle my ‘n stukkie van julle binnekant wys.  Wanneer ek wegstap van ‘n uur saam met ‘n familie voel ek ryker.

grassie seuntjie

As kinders het ons altyd hierdie grassies geblaas…daar is iets wonderliks daaraan as mens blaas en al die goedjies vlieg so op in die lug.  Eduan het ook daarvan gehou.  Hier het ek hom afgeneem in ‘n oomblik waar die man die grassie-storie diep bedink!!  Naderhand het Pappa en Mamma saam begin blaas!  Dit het hy nou baie geniet.

familie swart en wit

mamma en seun

pappa en seun

speeltyd

 

Dankie julle vir ‘n heerlike middag saam met julle!  Dit was vir my wonderlik!

 

Liefde,

Marethe

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright © 2024 . All Rights Reserved. | Chique Photography by Catch Themes