Matrieks hou Makietie!

Die afgelope tyd is ons sosiale media oorlaai met foto’s van verskillende skole se matriekafskeid.  Die klein dogtertjie in my het gereeld gaan kyk na al die rokke en hare en alles-wat-mooi-is.  Wat ‘n voorreg is dit om ‘n hele klomp van hierdie geleenthede self af te neem!  Keer op keer as ek die vraag gevra het…. “Voel jy mooi?”… dan het blink ogies vol vreugde my uit volle bors geantwoord:  “JA!!!”

Ek wil graag ‘n paar foto’s met julle deel van die afgelope maand.  Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het met elkeen van hierdie jongmense se spesiale aand.  Ek ken ongelukkig nie AL die diensverskaffers se name nie, maar diè wat ek wel ken, dankie!  Deel asseblief hierdie “post” met diè wat ek nie genoem het nie.

rivermeadowmanor

mamma

Lieflike Joa!  Haar grimering is gedoen deur Maureen Grobler van The Beauty Brand.  Ek is absoluut mal oor haar PERFEKTE rooi lippe (Urban Decay Cosmetics – Rock Steady Liquid Lipstick)!  Sy herinner my aan Sneeuwitjie, al wat kort is die rooi appel 🙂  Baie dankie aan haar ma, Ella Kritzinger, wat my vertrou het met die foto’s.  Ella is ‘n kliënt van my en ons het jare terug gewerk aan haar cd-omslag “Gebede vir vroue – Volume 2“.  Dit was dus ‘n baie groot voorreg om haar ewe mooi dogter af te neem.

thebeautybrand

Volgende op die lys is asemrowende Natasha.  Wat ‘n spesiale meisie!  Baie baie dankie vir die voorreg om jou te kon afneem!  Jy het so pragtig gelyk!  En dan was daar Josua 🙂  Julle het mekaar so mooi gekomplimenteer.  Josua het ‘n asemrowende hemp aangehad deur die ontwerper Diaan Daniels.

Kyk net hoe spoggerig lyk die twee –

rivermeadowmanor

 

diaandaniels

rivermeadowmanor

 

Volgende op die lys is my liewe neef Willem en sy vrou Marinda se pragtige dogter Shané.  Bloed IS dikker as water, dit was so ‘n voorreg en ‘n vreugde om hierdie twee pragtige mense te kon afneem.  Sy het behoorlik gestraal.  Ek verwonder my altyd aan jong liefde….dit is SO mooi!

equestriaestate

brunette

Iemand wat ek al jare ken het my gekontak om haar geliefde seun af te neem.  Gewoonlik is dit altyd die mamma’s van die dogters wat my bel, so dit was vir my oulik dat dit hierdie keer andersom was.  Heinrich kan eendag maar ‘n model wees, hy is so aantreklik en dit was ‘n fees om hom en sy metgesel af te neem!!  Dankie Anzette vir die voorreg en die vertroue wat jy in my plaas.  Dit was lekker om Farm Inn weer te kon besoek!

suit

beautiful

couple matric

 

En dan was daar Jaime.  Sy herinner my aan die mooiste sagste klein bokkie.  Haar ma vertel hoe sy elke dag verby my fotografie advertensiebord ry wat teen my huis se omheining is en hoe sy toe besluit het om my te bel na ‘n paar onsuksesvolle pogings om ‘n fotograaf te vind om haar dogter se afskeid af te neem.  Ek glo mos nie in toeval nie.  Ek glo mense word na mekaar gestuur om mekaar te help en dit word bestier deur ons Here.  Dit was so ‘n groot voorreg om jou af te neem Jaime!  Ek hoop ek neem eendag jou troudag ook af!

centurion

younglove

whitedress

Baie dankie aan almal met wie ek hierdie pragtige oomblikke kon deel.  Elkeen van julle is vir my spesiaal en ek bêre elke geleentheid in my hart!

Mens is net een maal jonk!

Liefde,

Marethe

 

 

 

This entry was posted in Matric Dance and tagged , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , .

4 Comments

  1. Elizabeth Kendall October 17, 2017 at 13:52 #

    Dis so PRAGTIG! Ek is so dankbaar dat die Here jou so geseën het met hierdie mooi talent wat jy so GOED gebruik!! xx

    • Marethe October 17, 2017 at 14:40 #

      Baie dankie Mamma. My heel beste ondersteuner xxx

  2. Maureen de klerk October 21, 2017 at 11:01 #

    Marethe dit is pragtig, weet net jy kan maar hoor. Jy is net so mooi, glo jy kan ook vir jou self die vraag vra. Voel ek mooi. Glo my ons dink so. xx

    • Marethe October 21, 2017 at 15:49 #

      Baie dankie Maureen!!

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*