Site Overlay

Ferdi & Jamie Matriekafskeid

Ontmoet vir Ferdi en Jamie, twee pragtige, verliefde matriekleerlinge van Springs.  So paar weke terug het ek die voorreg gehad om diè twee af te neem op ‘n baie winderige, koel dag in Springs.  My dogter Isabella het my die middag vergesel, dis vir my tog te lekker as sy besluit om saam met Mamma te gaan “shoot”.  Daar aangekom, sien ons ‘n hele klompie paartjies wat probeer regop bly in die wind – die Suidooster van Springs!!

 

Ek het sommer met die intrapslag gesien diè twee is verlief.  Wat is tog mooier as jong liefde?  Sterre in die oë, hande inmekaar gevleg.  Toe Jamie uit die kar uit klim toe dog ek Ferdi se glimlag gaan skeur 🙂  Wat ‘n voorreg om dit te kon afneem.  Dankie Hannes en Anel, julle kan so trots wees op hierdie mooi seun van julle.   Soos ‘n wafferse model staan hy en “pose” teen die boom, hande in die sakke, James Dean se Moses!

 

Nou ja, gewoonlik gee ek nie veel aandag aan karre nie maar toe ek die pikswart brullende Ferrari sien, toe begin my kamera sommer spontaan te kliek.  As mens se pa vir jou soveel moeite doen en spesiaal ‘n kar huur vir die okkasie, dan moet jy maar weet Pa is lief vir jou.  Ek kan nie onthou dat een van die leerlinge in my matriekjaar met so kar aangekom het by die skool nie.  Daai tyd was dit maar donkiekarre…. 😉

 

So vandag begin julle eindeksamen, ek hoop hierdie “blog” verskaf julle baie vreugde vanmiddag na julle daai eerste vak geskryf het!

Dit was ‘n voorreg om julle te kon afneem!  Dankie.

 

Let op die mooi detail van Jamie se rok.  Dit laat my dink aan sneeuvlokkies.

Dis nie almal wat so foto het nie, Ferdi… jy sal jou wat verbeel.  ‘n Pragtige meisie, ‘n soen EN daai kar!!!  Raam hom maar vir eendag as jy oud is 🙂

Dis nie net Jamie wat moeite gedoen het met haar bykomstighede nie.  Kyk net daai kouse!

Pragtige meisie!  Wie weet, dalk neem ek nog eendag julle troufoto’s!  Sterkte met julle eksamen en geniet jul studentelewe wat om die draai lê.

 

Liefde,

“tannie” Marethe

2 thoughts on “Ferdi & Jamie Matriekafskeid

  1. Dankie Marethe. Pragtige skryfwerk saam met die mooste foto’s! As Mamma van die mooiste meisie het my hart gebars van trots op haar, maar ook op Ferdi wat haar baie spesiaal laat voel! Dankie dat jy hulle dag nog meer spesiaal gemaak het. Jacques en Zanette

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright © 2024 . All Rights Reserved. | Chique Photography by Catch Themes