Site Overlay

Die Delport’s

Wat ‘n pragtige familie!  Toe glimlagte uitgedeel is, het hulle voor in die ry gestaan!  Ek het die voorreg gehad om Hannes, Anel, Ferdi & Chanel af te neem.  ‘n Pragtige gesin, die mooi van hul harte staan geskryf op hul gesigte.  

family four photoshoot

 

Ons het bietjie rondgespeel met emosies, ek het ‘n groot liefde vir swart-en-wit foto’s, soos julle nou al seker teen die tyd weet.  Dit voel vir my altyd asof die emosie sterker uitstaan as die kleur weggeneem word.  Kyk net hoe mooi is ma en seun.  Mens kyk tot binne-in hul siele!

mother and son

Hier is pa en dogter in kleur, met groot glimlagte!  Kyk by wie het sy haar glimlag geërf!

father daughter

Ek het eenmaal ‘n boek gelees oor ‘n dogter se verhouding met haar Pappa.  Haar pa is haar held, die een na wie sy opkyk en bewonder.  Chanel kyk so na haar pa.  Hulle het so mooi verhouding, wat ‘n vreugde om dit af te neem!

 

kissing daddy

love father daughter

My sussie Maureen Grobler het vanselfsprekend Anel se pragtige grimering gedoen.  Die mens het die mooiste oë!  Mens verdrink daarin.  Toe ek vir haar sê hoe mooi ek dink haar ogies is, toe sê sy – jou sussie het gesê jy gaan so sê!  Diè sussie ken my ook te goed 🙂  Ek dink van alles op ‘n persoon se gesig is oë beslis my gunsteling.  Dit vertel sulke stories!  Anel s’n vertel volumes!  Dankie vir die pragtige grimering Maureen.  Jy gebruik jou talent so doeltreffend.

blue eyes mom

 

Kyk die twee se lieflike kykers!

mom and son love

Hier loer sussie en mamma ook vir mekaar in ‘n speelse oomblik –

moment mom

En dan, boetie en sussie!  Twee pragtige jongmense!

brother and sister

teenage girl

 

boy blowing

‘n Man is nooit te oud om gou weer ‘n klein seuntjie te word nie… Daar is iets wonderlik vir my aan hierdie foto.  Dalk die dowwe saadjies wat vlieg in die lug in kontras met sy mooi donker hemp, dalk net die oomblik wat vir ewig vasgevang is, dis net vir my so mooi oomblik – vry en oop en skoon en gelukkig.  Daar moet meer sulke oomblikke wees, stem julle nie saam nie?

couple love

couple kiss

Ek eindig my storie met ‘n soen 🙂  Dankie vir die tyd saam met julle, julle is ‘n lieflike familie en ek hoop die foto’s maak julle harte baie bly!

 

Liefde,

Marethe

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Copyright © 2024 . All Rights Reserved. | Chique Photography by Catch Themes